Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:1-3 Die Boodskap (DB)

1. My naam is Esegiël. Ek is ’n boodskapper van God. My pa se naam is Busi. Ek is in 597 v.C. deur die Galdeërs as ’n gevangene uit my land weggevoer na ’n vreemde land saam met ’n klomp ander van my volk. Op die 31ste Julie 593 v.C., toe ek 30 jaar oud was en as priester in die tempel kon begin werk het, het iets met my gebeur.

2. Dit was die vyfde jaar nadat ons saam met ons koning Jojagin as gevangenes na die vreemde land weggeneem is. Ons het by die Kebarrivier gebly, naby die Persiese Golf in die land van die Babiloniërs.

3. Die Here het Hom op ’n spesiale manier aan my bekendgemaak: Hy het direk uit die hemel met my gepraat. Ek het Hom gesien. Sy hand was swaar op my. Hy het vir my ’n boodskap gegee om vir my eie mense te bring.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1