Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 1:4 Die Boodskap (DB)

Voor my oë het ’n toneel afgespeel. Ek het ’n storm uit ’n noordelike rigting sien aankom. Groot storms hier in Babilonië kom altyd uit die noorde. Die stormwind het saam met donker wolke gekom, met weerlig wat heen en weer flits en die wolke helder verlig. Dit het gemaak dat die wolke soos flikkerende vuur gegloei het, asof daar gloeiende geelkoper daarin was.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 1

Kyk Esegiël 1:4 in konteks