Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 27:10-16 Die Boodskap (DB)

10. Die materiaal moet aan hakies en horisontale gordynstokke van silwer hang. Die gordynstokke is vas bo-op regop pale. Daar is twintig pale en elkeen staan op ’n kopervoetstuk.

11. Aan die teenoorstaande noordekant is die muur presies net so lank. Daar is ook net soveel regop pale op kopervoetstukke as aan die eerste kant. Die linnemuur hang ook aan silwerhakies.

12. Aan die westekant van die binnehof moet die afskorting 23 meter lank wees. Daar moet tien regop pale op koper voetstukke wees.“

13. Aan die oostekant, die kant waar die son opkom, moet die binnehof ook 23  meter lank wees. Daar moet ’n opening daar wees,

14-15. met tien meter muur aan elke kant van die ingang. Die linnemure aan al twee kante van die opening hang ook elkeen aan drie regop pale wat op voetstukke staan.

16. Vir die ingang wat na die binnekant van die lapa loop, moet jy ’n gordyn maak uit geweefde linne met blou, pers en bloedrooi weefwerk en borduursel. Dit hang aan vier regop pale wat op voetstukke staan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 27