Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 26:1-6 Die Boodskap (DB)

1. “Jy moet vir die tent ’n dak maak wat uit drie lae materiaal bestaan. Die onderste laag word van tien stukke materiaal gemaak. Die materiaal moet fyn linne wees waarin blou, pers en bloedrooi draad ingeweef is en waarop figure met vlerke geborduur is.

2. Elkeen van hierdie tien stukke moet presies ewe groot wees. Elkeen moet veertien meter lank en twee meter breed wees.

3. Daaruit moet jy twee identiese stelle maak. Vir elkeen sit jy vyf stukke materiaal op mekaar en werk hulle op die lengte aan die kant vas.

4-5. Jy moet blou lussies al om die buitekant van elkeen van die twee stelle vaswerk. Daar moet dus 50 lussies wees wat presies teenoor mekaar is wanneer die twee stelle op mekaar gepas word.

6. Maak ook 50 goue hakies om deur die lussies te haak sodat die twee velle aan mekaar vasgehaak kan word om een dubbelvel te vorm. Dit is dan die onderste laag van die tent se dak.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 26