Die volk het met Moses aan die stry geraak. Hulle wou hê hy moes sorg dat daar genoeg water is vir hulle om te drink. Moses het vir hulle gesê: “Waarom kom staan julle nou met my en rusie maak? Hoekom tart julle die Here so uit?”