Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:21-25 Die Boodskap (DB)

21. Moses het sy hand oor die see uitgesteek. Die Here het dwarsdeur die nag ’n sterk oostewind oor die see laat waai. Die see het weggetrek en die wind het ’n pad van droë grond deur die see drooggewaai.

22. Die Israeliete het op grond wat droog was, deur die see getrek. Die water was soos twee mure aan weerskante van hulle.

23. Die Egiptenaars het hulle toe agternagesit. Hulle is agter hulle aan die see in met hulle perde en hulle oorlogswaens met die manne op.

24. Voor die dag breek, so teen die einde van die nagwaak, het die Here vanuit die bol vuur op die Egiptiese leër afgekyk. Hy het toe gemaak dat daar verwarring onder die Egiptenaars ontstaan het.

25. Hy het hulle strydwaens se wiele so laat vasval in die seesand dat hulle glad nie kon beweeg nie. Die Egiptenaars het vir mekaar begin sê: “Ons moet wegkom van hierdie Israeliete af. Die Here is besig om aan hulle kant teen ons te veg.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14