Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 11:7-10 Die Boodskap (DB)

7. Maar niemand sal eers ’n vinger oplig teen enige Israeliet nie, teen geen mens of dier by hulle nie. So sal dit duidelik word dat die Here anders maak met die Egiptenaars as wat Hy met die Israeliete maak.

8. “Dan sal al jou leiers voor my kom kruip. Hulle sal my soebat dat ek en my volgelinge asseblief maar moet weggaan. En as dit klaar gebeur het, sal ek uit die land uit weggaan.” Moses het toe woedend van die farao af weggegaan.

9. Die Here het vir Moses gesê: “Die farao sal nog steeds nie na julle luister nie, maar dit sal My kans gee om nog meer dinge in Egipte te laat gebeur.”

10. Al het Moses en Aäron al hierdie dinge voor die farao gedoen, het die Here gemaak dat hy hardekop gebly het. Hy het aanhou weier om die Israeliete uit sy land uit te laat weggaan.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 11