Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 11:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Ek sal nog een laaste ramp oor die farao en Egipte bring. Na hierdie een hom getref het, sal hy julle toestemming gee om te gaan. Om die waarheid te sê, hy sal julle eintlik wegjaag.

2. Jy moet vir die volk sê om daarop te staan dat hulle Egiptiese bure vir hulle silwer en goue juweliersware gee voor hulle hier weggaan.”

3. Die Here het die Egiptenaars laat kopgee vir sy volk. Die koning se mense en die volk van die land was baie bang vir Moses.

4. Moses sê toe: “Die Here het gesê dat Hy om middernag deur Egipte sal gaan.

5. Deur die hele Egipte sal die eersgebore seun in elke huis doodgaan. Van die farao se oudste seun wat na sy pa koning moes word, tot by die seun van die eenvoudigste slavin wat koring maal op die maalklip, sal dan doodgaan. Selfs onder die vee sal die een doodgaan wat eerste gebore is.

6. Daar sal ’n droewige gehuil in die hele Egipte wees. Dit sal so erg wees soos dit nog nooit tevore gesien is en soos dit nooit weer gehoor sal word nie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 11