Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4:10-19 Die Boodskap (DB)

10. Julle moet hulle van daardie dag by Horeb vertel toe die Here baie naby aan julle gekom het. Dié dag toe die Here vir my gesê het: ‘Laat almal bymekaarkom. Ek wil hulle my wil leer sodat hulle My lewenslank sal liefhê en ook vir hulle kinders van My sal vertel.’

11. “Vertel hulle hoe julle nader aan die berg se voet geskuifel het en hoe die berg daardie dag só gebrand het dat alles rondom julle pikdonker was van die borrelende rookwolke.

12. En julle moet ook vertel hoe die Here in die vuur met julle gepraat het. Julle het mos net ’n stem gehoor, maar niemand gesien nie.

13. Hy het julle vertel hoe sy eie volk Hom altyd lief moet hê. Daarom het Hy hierdie tien voorskrifte vir julle op twee klippe geskryf.

14. Die Here het vir my in dié tyd gesê ek moet julle al sy wette leer sodat julle sal weet hoe julle in die nuwe land waarheen julle op pad is, moet leef.

15. Toe die Here met julle by Horeb uit die vuur gepraat het, het julle niks gesien nie.

16. Daarom moet julle nooit ’n beeld van Hom maak nie. Julle mag Hom nie as ’n man of ’n vrou,

17. of as ’n viervoetige dier of ’n voël in die hemel

18. of as ’n kruipende dier of ’n vis afbeeld nie.”

19. “Wanneer julle na die hemel opkyk en julle die son, die maan en die sterre sien, moet julle hulle tog nie begin aanbid of dien nie. Dit is wat die ander volke doen en wat die Here hulle ook toelaat om te doen.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 4