Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 34:8-12 Die Boodskap (DB)

8. Die mense van Israel was baie hartseer oor Moses, hulle leier. Hulle het 30 dae lank niks anders gedoen nie. Hulle het net oor Moses gehuil, daar op die vlakte van Moab. Daarna het hulle verder getrek.

9. Josua die seun van Nun was hulle nuwe leier. Hy was ’n slim man, want Moses het hom geleer wat om te doen. Die volk Israel het alles gedoen wat hy hulle beveel het. Hulle het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het om vir hulle te sê.

10. Daar was nog nie weer ’n man soos Moses nie. Hy het vir die volk kom sê wat die Here hom beveel het, want die Here het Moses as sy vriend beskou. Hulle het met mekaar gepraat, en hulle het mekaar persoonlik geken.

11. Die Here het hom gestuur om Israel uit Egipte te gaan red. Moses het al die wonderlike dinge gedoen wat die Here vir die farao, die koning van Egipte, en al die mense van Egipte wou wys.

12. Ja, Moses het al die groot en wonderlike dinge gedoen wat die Here vir Israel wou wys. Die Here het vir Israel gewys wie Hy is en hoe sterk Hy is. En Hy het Moses gebruik om dit te doen.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 34