Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:3-11 Die Boodskap (DB)

3. Skryf dan alles op hierdie klippe neer wat die Here julle beveel het, wat sy ooreenkoms met julle is. Ek herhaal: binnekort gaan julle oor die rivier die land in wat die Here julle God vir julle gee. Dit is ’n land waarin daar oorgenoeg is van alles. Dis net soos die Here julle oupagrootjies en oumagrootjies belowe het.

4. Wanneer jy oor die Jordaan gaan, moet jy hierdie stene op Ebalberg pak. En jy moet hulle wit verf, net soos ek julle vandag beveel.

5. Dan moet jy daar ’n altaar van klippe bou vir die Here jou God. Jy moet klippe gebruik wat jy in die veld optel. Hulle mag nie gekap wees nie.

6. Moenie die klippe op enige manier kap nie. Op hierdie altaar moet jy offers aan die brand steek vir die Here jou God.

7. Bring daar offers vir die Here sodat Hy vir jou vrede kan gee. Hou daar ’n groot fees en eet en wees bly omdat die Here jou God saam met jou is. Hy is tussen julle.

8. Onthou om alles wat die Here julle beveel het, duidelik op die klippe neer te skryf sodat jy dit maklik kan lees.”

9. Toe het Moses en al die mense wat in die huis van die Here werk, die kleinkinders van Levi, vir Israel gesê: “Israel, wees stil. Luister baie mooi! Vandag het julle die volk van die Here julle God geword.

10. Daarom moet julle doen wat die Here julle God julle beveel. Julle moet alles doen wat ek vandag vir julle sê.”

11. Daardie selfde dag het Moses ook nog vir die volk gesê:

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27