Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:14-25 Die Boodskap (DB)

14. “Die Leviete moet dan vir die volk Israel skree:

15. ‘Dit sal sleg gaan met elkeen wat vir hom ’n beeld van ’n afgod maak, dit êrens neersit waar ander dit nie kan sien nie, en dan voor daardie beeld buig en dit aanbid. Afgode is mensewerk. Hulle is walglik vir die Here. Hy kan so iets nie verdra nie.’“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

16. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat nie sy pa of ma goed behandel nie.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

17. “Dit sal sleg gaan met elkeen wat van sy buurman grond steel deur die grensdrade stilletjies te verskuif.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

18. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat ’n blinde man op die verkeerde pad lei sodat hy verdwaal.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

19. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat vreemdelinge en weeskinders en weduwees sleg behandel.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

20. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat by sy pa se vrou slaap, want hy het nie sy pa geëer nie.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

21. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat met ’n dier seks het.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

22. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat by sy suster slaap, of sy nou sy pa of sy ma se dogter is.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

23. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat by sy skoonma slaap.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

24. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat ’n ander mens stilletjies doodmaak.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

25. “Dit sal sleg gaan met enigiemand wat bereid is om ’n ander mens dood te maak omdat hy daarvoor betaal word.“Dan moet die volk antwoord: ‘Ja, dit is so!’

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27