Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24:15 Die Boodskap (DB)

Betaal elke dag voor die son sak die lone van die mense wat vir jou werk. Hierdie mense is arm en het niks anders om van te leef nie. Hulle maak staat op die bietjie geld wat jy hulle gee om te kan eet. Anders roep hulle nou-nou die Here aan omdat hulle honger hulle deur die nag wakker hou. En die Here luister na arm mense. Dan straf die Here jou oor hierdie slegte ding wat jy gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 24

Kyk Deuteronomium 24:15 in konteks