Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 13:12-18 Die Boodskap (DB)

12. “Indien mense oor een van die dorpe in die nuwe land wat die Here vir jou gee, slegte dinge begin vertel,

13. en as hulle sê dat slegte mense die dorp se inwoners probeer oorreed om vreemde gode te aanbid,

14. moet jy die saak baie deeglik ondersoek. As die gerugte waar is,

15. moet jy die skuldiges en hulle vee doodmaak. Verwoes die stad ook heeltemal.

16. Vat die skuldiges se besittings en bring dit na die dorpsplein toe. Stapel dit alles opmekaar en steek dit aan die brand. Moet nooit die dorp herbou nie; laat die puinhope vir ewig net so lê.

17. Moet niks van die dorp of die skuldiges vir jou vat nie. Dan sal die Here nie meer so kwaad wees nie en sal Hy jou opnuut liefhê. Soos Hy jou lank terug al belowe het, sal Hy jou nog ’n groot volk maak.

18. Israel, luister na die Here se stem. Leef volgens die gebooie wat ek jou vandag gegee het en doen die dinge waarvan die Here hou.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 13