Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 13:1-6 Die Boodskap (DB)

1. “As ’n profeet of ’n dromer vir jou sê dat die een of ander teken of wonder gaan plaasvind en

2. dit gebeur soos die profeet of dromer voorspel het, sal hulle jou ook van die Here af wegrokkel. Hulle sal sê jy moet saam met hulle gaan om ander gode te aanbid.

3. Jy mag hoegenaamd nie na hulle luister nie. Die Here toets jou net. Hy wil net sien of jy Hom nog liefhet en of jy Hom nog met oorgawe dien.

4. Dit is die Here jou God wat jy moet volg, liefhê en dien en vir wie jy moet omgee. Jy moet net na die Here se stem luister en net doen wat Hy sê.

5. Die profeet en die dromer wat jou wou verlei, moet onmiddellik doodgemaak word. Hulle wou hê dat jy die rug draai vir die Here, die God wat jou uit Egipte laat wegtrek het en dat jy nie meer volgens die Here se wil moet leef nie. Sulke mense is gevaarlik. Hulle moet dadelik uit julle midde verwyder word.

6. “Wanneer jou eie broer of jou kind, jou vrou, jou vriend of enigiemand vir wie jy lief is, jou eenkant toe roep en sê: ‘Kom ons gaan aanbid ander gode wat ons ouers nie eens geken het nie,’ moet jy oppas.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 13