Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 3:2-11 Die Boodskap (DB)

2. Toe het hy beveel dat al sy amptenare, die prinse, die hoofde, die administrateurs, die raadgewers, die bankiers, die regters, die landdroste en al die ander belangrike amptenare van die provinsies bymekaar moes kom vir die inwyding van die beeld wat hy laat oprig het.

3. Toe al hierdie belangrike amptenare aangekom het, het hulle voor die beeld gaan staan wat koning Nebukadnesar laat maak het.

4. Toe het ’n aankondiger hard uitgeroep: “Mense van alle volke, nasies en taalgroepe, hierdie is die koning se bevel:

5. Sodra julle die trompette, fluite, siters, liere, harpe en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle voor die goue beeld kniel wat koning Nebukadnesar laat maak het en dit aanbid.

6. Enigeen wat weier om die beeld te aanbid sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

7. Daarom het al die volke, nasies en taalgroepe, toe hulle die blaas- en musiekinstrumente hoor speel, voor die beeld gekniel wat koning Nebukadnesar laat oprig het en dit aanbid.

8. ’n Klompie Babiloniërs het die Judeërs in die moeilikheid probeer kry.

9. Hulle het vir koning Nebukadnesar gesê: “Lank lewe die koning!

10. U het mos die opdrag gegee dat as die musiek begin, almal voor die goue standbeeld moet kniel en dit moet aanbid,

11. en dat enigeen wat weier om dit te doen, dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi moet word.

Lees volledige hoofstuk Daniël 3