Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 3:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Koning Nebukadnesar het ’n goue standbeeld laat maak, 27 meter hoog en amper drie meter breed. Hy het dit in die vlakte van Dura in die provinsie Babel laat oprig.

2. Toe het hy beveel dat al sy amptenare, die prinse, die hoofde, die administrateurs, die raadgewers, die bankiers, die regters, die landdroste en al die ander belangrike amptenare van die provinsies bymekaar moes kom vir die inwyding van die beeld wat hy laat oprig het.

3. Toe al hierdie belangrike amptenare aangekom het, het hulle voor die beeld gaan staan wat koning Nebukadnesar laat maak het.

4. Toe het ’n aankondiger hard uitgeroep: “Mense van alle volke, nasies en taalgroepe, hierdie is die koning se bevel:

Lees volledige hoofstuk Daniël 3