Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:4-10 Die Boodskap (DB)

4. Julle slaap op beddens wat met ivoor mooi gemaak is. Julle lê en eet op rusbanke. Julle is lekkerbekkig en eet net sagte lam- en kalfsvleis.

5. Julle maak allerhande liedjies om op die harp te speel. Soos Dawid maak julle vir julleself musiekinstrumente.

6. Julle drink wyn uit die bekers wat vir die offers gebruik word. Julle smeer julleself met lekkerruikolie. Maar julle bekommer julle nie ’n oomblik oor die einde van Josef se nasate nie.

7. Daarom sal julle die eerstes wees wat die vyand gaan vang om julle weg te vat na ’n ander land toe. Julle lawaaierige partytjies gaan dan verby wees.

8. Die Here het vir Homself ’n belofte gemaak. Die Here, die God wat sterk is, het vir Homself gesê: “Dit is vir My baie lelik dat Jakob se nageslag so selfvoldaan is. Ek vererg My oor hulle mooi huise. Ek gaan hierdie stad met alles daarbinne vir hulle vyand gee.

9. Selfs al bly daar net tien mans oor van een familie wanneer die vyand hulle aanval, sal hulle ook doodgemaak word.

10. Wanneer iemand van hulle familie die lyk kom haal om dit te gaan verbrand en hy vra vir iemand wat agter in die huis wegkruip of daar nog enigiemand anders in die huis oor is, sal dié persoon sê: ‘Nee, ek is die laaste.’ Hy sal vir die man wat die lyk kom haal het, waarsku. Hy sal sê: ‘Saggies! Die Here moenie hoor hier is nog iemand oor nie.’

Lees volledige hoofstuk Amos 6