Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Toe Saul se seun Is-Boset hoor dat Abner in Hebron dood is, het sy moed in sy skoene gesak. Al die Israeliete was lam geskrik.

2. Daar was twee mans by Is-Boset wat altyd die strooptogte gelei het. Die een se naam was Baäna en die ander een se naam was Rekab. Hulle pa was Rimmon, ’n man van Benjamin wat van Beërot af gekom het. (Beërot het vroeër aan die Benjaminstam behoort.

3. Die mense wat eers in Beërot gebly het, het na Gittajim gevlug. Hulle is vandag nog daar en het die regte van vreemdelinge.)

4. Behalwe Is-Boset was daar nog een man van Saul se familie oor. Sy naam was Mefiboset. Dit was Jonatan se seun. Sy bene was verlam. Toe die boodskap uit Jisreël kom dat Saul en Jonatan dood is, was hy maar vyf jaar oud. Die kinderoppasser het hom gegryp om weg te hardloop, maar sy was só haastig om weg te kom dat sy die kind laat val het. Van toe af is hy verlam.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 4