Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 24:2-8 Die Boodskap (DB)

2. Die koning het vir Joab, sy groot generaal, gesê: “Gaan by al die stamme van Israel langs, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide, en skryf al die manskappe op. Ek wil weet hoeveel is daar wat kan veg.”

3. Joab het die koning geantwoord: “Kyk, ek hoop die Here u God maak die manskappe ’n honderd maal meer as wat hulle alreeds is, en ek hoop dit gebeur nog in u leeftyd; maar U Majesteit, hoekom wil u ’n sensus hou?”

4. Maar die koning het Joab en die ander offisiere van die weermag doodgepraat. Hulle het toe van die paleis af gegaan om die sensus te gaan hou.

5. Hulle het oor die Jordaanrivier gegaan en by die spruit suid van die dorp Aroër begin tel. Daarna is hulle na Gad en Jaeser toe.

6. Hulle het noord deur Gilead gegaan tot by Kades in die rigting van die Hetiete se land. Daarvandaan het hulle na Dan-Jaän gegaan en toe wes na Sidon gedraai.

7. Hulle is suid na Tirus, die stad met die muur om, en van daar af is hulle na al die dorpe van die Hewiete en Kanaäniete. Hulle is by al die dorpe langs tot in die suide van Juda by Berseba.

8. Hulle het die hele land deurgegaan. Dit het nege maande en twintig dae gevat voor hulle weer terug was in Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 24