Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:14-27 Die Boodskap (DB)

14. Toe die weer dreun, kon jy weet: dis die Here wat daar praat,dis die hoë God se stem!

15. Met weerligstrale het die Here my vyande uitmekaargejaag;die blitse het hulle op loop gesit.

16. As die Here kwaad is en Hy praat, is dit soos ’n orkaan;as Hy so hard praat, gee die see sommer padsodat jy die aarde se fondamente kan sien.

17. Die Here het uit die hemel my hand gegrypen my uit die woeste water opgetrek.

18. Hy het my weggeruk van my grootste vyand af,van dié mense af wat my haat en te sterk is vir my.

19. Hulle het my aangeval toe ek swak was,maar die Here het my regop gehou.

20. Die Here het my na ’n veilige plek gevat;Hy het my uitgehelp, want Hy hou van my.

21. Die Here het dit vir my gedoen omdat ek onskuldig is;Hy was goed vir my, want ek het nie kwaad gedoen nie.

22. Ek het gedoen wat die Here vir my gesê het;ek het nie my rug vir God gedraai nie.

23. Ek dink gedurig aan alles wat Hý wil hê ek moet doen;ek maak soos Hy sê.

24. Ek het presies gedoen wat die Here van ’n mens verwag;ek het gesorg dat ek niks verkeerds doen nie.

25. Die Here was aan my kant,want Hy het geweet ek is onskuldig.

26. Here, U sorg vir dié wat aan U getrou is;vir ’n mens wat voluit vir U lewe, gee U alles.

27. Vir die een wat ’n skoon lewe lei, is U goed.Maar ’n vals mens kry teëspoed by U.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22