Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 19:36-43 Die Boodskap (DB)

36. Ek sal amper nie eers saam met U Majesteit oor die Jordaanrivier kom nie. Waarom moet u dan vir my soveel moeite doen?

37. Laat ek maar omdraai en in my eie dorp doodgaan waar my pa en ma begrawe lê. Hier is my seun Kimham. Hy kan maar saam met U Majesteit gaan. Doen maar vir hom wat u wil.”

38. Die koning het gesê: “Goed, Kimham gaan dan saam met my. Ek sal vir hom doen net wat jy vra. Ek sal enigiets vir jou doen.”

39. Al die mense het toe oor die Jordaanrivier gegaan. Die koning is ook oor nadat hy vir Barsillai omhels en hom alles wat goed is, toegewens het. Barsillai het teruggegaan huis toe.

40. Die koning is toe daarvandaan Gilgal toe. Kimham het saamgegaan.Al die manskappe van Juda en die helfte van die manskappe van Israel het die koning oor die rivier gehelp.

41. Maar toe kom al die ander mans van Israel daar by die koning aan en sê vir hom: “Waar kom ons broers, die mense van Juda, daaraan om U Majesteit en sy gesin en al die mense by hom oor die Jordaanrivier te help?”

42. Die mans van Juda antwoord toe sommer die mans van Israel en sê: “Oor die koning van ons familie is! Maar hoekom wip julle julle daaroor? Het ons miskien van die koning se kos geëet of van sy goed weggedra?”

43. Daarop antwoord die mans van Israel: “Omdat ons tien stamme is, het ons tien keer meer reg op die koning as julle, ook op koning Dawid. Hoekom maak julle dan of ons nie enige regte het nie? Ons het in elk geval eerste gesê ons wil ons koning terugbring.”Die mans van Juda het toe nog skerper geantwoord as die mans van Israel.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 19