Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Na twintig jaar as koning het Salomo die groot bouwerk aan die Here se tempel en sy eie paleis voltooi.

2. Hy het toe begin aandag gee aan die stede wat koning Hiram vir hom gegee het en hy het Israeliete in die stede gevestig.

3. Ook in dié tyd het Salomo teen Hamat-Soba opgetrek en dit ingeneem.

4. Hy het Tadmor in die woestyn opgebou, asook die voorraadstede in die omgewing van Hamat.

5. Hy het die susterstede Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder versterk, hulle stadsmure opgebou en die stadspoorte met sluitbalke versterk.

6. Hy het ook Baälat en sy voorraadstede versterk, asook die stede waar die strydwaens en die perderuiters gestasioneer was. Verder het hy alles aangepak wat hy graag wou doen in Jerusalem, die Libanon en in die res van die gebied onder sy beheer.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8