Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:10-22 Die Boodskap (DB)

10. Hy het die see aan die regterkant, by die suidoostelike hoek van die tempel, geplaas.

11. Hiram het ook bakke, skopgrawe en kommetjies gemaak en die werk voltooi wat hy vir Salomo in die tempel moes doen. Hy het die volgende metaalvoorwerpe uit brons gemaak:

12. twee pilare;twee kapitele bo-op die pilare;twee stelle kettingwerk wat die kapitele versier het;

13. 400 granate wat in twee rye aan die kettingwerk vasgeheg is;

14. die waterwaentjies met die wasbakke bo-op;

15. die see;die twaalf beeste waarop die see gerus het;

16. die bakke, skopgrawe, vurke en al die ander gereedskap.Dit alles het die meestervakman Hiram van gepoleerde brons vir die tempel van die Here gemaak.

17. Die gietwerk het Salomo in die Jordaanvallei, tussen Sukkot en Saretan, laat doen. Dit is in gietvorms van klei gedoen.

18. Daar is soveel brons vir al die goed gebruik dat dit onmoontlik was om al die metaal te weeg.

19. Salomo het die volgende voorwerpe vir die tempel laat maak: die goue altaar; die tafels vir die offerbrood;

20. die suiwer goue kandelare met hulle lampe, wat volgens voorskrif voor die Allerheiligste moes brand;

21. die suiwer goue blomversierings, lampe, lampsnuiters,

22. skêre, kommetjies, bakke en panne. Ook die deure van die Allerheiligste en die groot vertrek van die tempel is met goud oorgetrek.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4