Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3:13-17 Die Boodskap (DB)

13. Die vlerke het oor die volle tien meter wydte van die Allerheiligste gestrek. Die gerubs het op hulle eie pote gestaan en in die rigting van die groot vertrek van die tempel gekyk.

14. Oor die hele ingang van die Allerheiligste het Salomo ’n gordyn opgehang van fyn linne met pers, rooi en blou materiaal daarin. Op die gordyn was daar gerubfigure geborduur.

15. Aan die buitekant, voor die groot vertrek van die tempel, was daar twee groot pilare. Die pilare was sewentien en ’n half meter hoog. Bo-op elkeen was daar ’n kapiteel van twee en ’n halwe meter hoog.

16. Salomo het kettings gemaak wat boaan die pilare vasgesit is en 100 granate wat as versiering aan die kettings vasgesit is.

17. Die pilare het weerskante van die ingang van die tempel gestaan. Die regterkantste pilaar is Jakin genoem en die een aan die linkerkant Boas.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 3