Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 21:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Na Josafat se dood is hy in die Dawidstad begrawe. Sy seun Joram het na hom koning geword.

2. Joram se broers was Asarja, Jegiël, Sagaria, Migael en Sefatja. Hulle was almal seuns van Josafat.

3. Hy het vir hulle silwer en goue en allerlei kosbare goed gegee, asook versterkte stede in Juda. Joram het koning geword omdat hy die oudste seun was.

4. Toe Joram sy koningskap stewig gevestig het, het hy sy broers en sekere leiers van Israel vermoor.

5. Joram was 32 toe hy koning geword het. Hy het vir agt jaar in Jerusalem regeer.

6. Joram het geleef soos die meeste konings van Israel voor hom. Hy was net so sleg soos koning Agab, want hy het met een van Agab se dogters getrou. Hy het dinge gedoen wat vir die Here onaanvaarbaar was.

7. Maar die Here het gelukkig nie ’n einde gemaak aan die koningshuis van Dawid nie omdat Hy vir Dawid beloof het dat daar altyd iemand uit sy nageslag op sy troon sou sit.

8. In Joram se tyd het die Edomiete van Juda af weggebreek en hulle eie koning aangestel.

9. Joram het die Edomiete met sy hele leër en al sy strydwaens agternagesit om sy gesag oor hulle te herstel. Die Edomiete het hom en sy strydwaens egter omsingel, maar hy het in die nag in die donker weggekom.

10. Van toe af was die Edomiete onafhanklik van Juda.

11. Joram het selfs in die heuwelland van Juda hoogtes vir afgode gebou en die mense van Juda en Jerusalem verlei om afgode te dien.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 21