Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 14:6-10 Die Boodskap (DB)

6. Hy het ook die versterkte stede van Juda herbou terwyl die vrede wat van die Here af kom, daar geheers het.

7. Asa het sy mense opgeroep en gesê: “Laat ons die stede nou herbou terwyl dit rustig is. Ons moet mure met verdedigingstorings om die stede bou en hekke insit wat kan toegrendel. Dis nou die tyd om te bou, want ons het gedoen wat die Here wou hê; daarom het Hy vir ons vrede met al ons bure gegee.” Hulle het die bouwerk toe voorspoedig afgehandel.

8. Asa se leër het uit twee groepe bestaan. Daar was 300 000 man uit Juda, wat elkeen toegerus was met ’n skild en ’n spies. Dan was daar ’n verdere 280 000 man uit Benjamin, elkeen toegerus met ’n skild en pyl en boog. Hulle was uitgesoekte soldate.

9. Op ’n keer het Serag, ’n Etiopiese offisier, Juda met ’n leërmag van ’n miljoen soldate en 300 strydwaens aangeval. Hulle het tot by die stad Maresa gevorder

10. waar Asa sy soldate in die Sefatalaagte opgestel het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 14