Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 13:12-15 Die Boodskap (DB)

12. “Kyk maar! Die Here is self ons bevelvoerder en die priesters staan reg om die trompette te blaas dat ons julle kan aanval! Israeliete, moet tog nie oorlog maak teen die Here, die God van julle voorouers, nie. Julle kan tog nie wen nie!”

13. Jerobeam het intussen van sy soldate agter die Judeërs om gestuur, sodat hulle hulle van voor en van agter af kon aanval.

14. Die Judeërs het skielik besef dat hulle van albei kante aangeval word. Hulle het die Here gevra om hulle te help. Die priesters het intussen op die trompette geblaas.

15. Die manne van Juda het ’n oorlogskreet geskree. Toe het die Here Jerobeam en die Israeliete voor Abia en Juda verslaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 13