Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:17-22 Die Boodskap (DB)

17. Dit sal binnekort vol water staan. Sonder dat julle die wind hoor waai of reën sien val, sal hier genoeg water vir julle en al die diere wees.

18. Maar dit is net ’n kleinigheid vir die Here. Hy sal julle ook die Moabiete laat oorwin.

19. Julle sal al hulle mooi en versterkte stede inneem. Julle sal al die goeie bome afkap, al die putte opvul en al die bruikbare landerye met klippe bederf.”

20. Die volgende oggend was dit toe ook so: teen die tyd van die oggendoffer het daar soveel water van Edom se kant af gekom dat die hele gebied onder water was.

21. Die Moabiete het intussen gehoor dat die konings van Israel, Juda en Edom op pad was om teen hulle te veg. Hulle het elke weerbare man, jonk en oud, opgeroep en hulle na die front toe gestuur.

22. Toe hulle daardie oggend opstaan, het die son oor die water geskyn; dit het soos bloed gelyk.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3