Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:14-19 Die Boodskap (DB)

14. Elisa het toe geantwoord: “Ek praat in die Naam van die Here, die Groot Bevelvoerder. Ek sal die Here net raadpleeg omdat ek sulke hoë agting vir Josafat het. As dit net jy was, sou ek nie eens na jou geluister het nie.

15. Bring nou iemand om musiek te maak sodat ek die Here kan raadpleeg.”Terwyl die musiek gespeel het, het die Here se krag Elisa gevul.

16. Hy het gesê: “Die Here sê: Maak gate hier in die droë vallei.

17. Dit sal binnekort vol water staan. Sonder dat julle die wind hoor waai of reën sien val, sal hier genoeg water vir julle en al die diere wees.

18. Maar dit is net ’n kleinigheid vir die Here. Hy sal julle ook die Moabiete laat oorwin.

19. Julle sal al hulle mooi en versterkte stede inneem. Julle sal al die goeie bome afkap, al die putte opvul en al die bruikbare landerye met klippe bederf.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3