Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 2:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Elia en Elisa was van Gilgal af op pad toe dit byna tyd was dat God Elia in ’n stormwind sou wegneem hemel toe.

2. Elia het vir Elisa gesê: “Bly hier, want die Here stuur my Bet-El toe.” Elisa het geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u nooit alleen laat gaan nie.” Hulle twee het toe Bet-El toe gegaan.

3. ’n Groep profete wat in Bet-El gewoon het, het vir Elisa gevra: “Weet jy dat die Here vandag jou leier na Hom toe gaan wegneem?” “Natuurlik weet ek dit,” antwoord hy, “maar moenie daaroor praat nie!”

4. Elia sê toe vir Elisa: “Bly hier, want die Here stuur my Jerigo toe.” Elisa het weer geantwoord: “So seker as die Here en u leef, ek sal u vir seker nie alleen laat gaan nie.” Hulle het toe Jerigo toe gegaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 2