Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:24-27 Die Boodskap (DB)

24. Die kok bring toe die skenkel en sit dit voor Saul neer. “Dit het oorgebly,” sê Samuel. “Eet gerus, want dit is toe ek die mense genooi het, al spesiaal vir jou gebêre.”Saul het daardie dag saam met Samuel geëet.

25. Toe hulle van die offerplek af teruggegaan het dorp toe, het Samuel met Saul op die dakstoep van die huis gepraat.

26. Die volgende môre was Saul en sy werker teen dagbreek al op. Samuel roep toe na Saul op die dakstoep: “Maak klaar! Ek wil jou afsien.” Saul het klaargemaak en hy en Samuel het saam buitetoe gegaan.

27. Hulle het teen die bult afgegaan tot buite die dorp. Daar sê Samuel vir Saul: “Sê vir die werker hy moet solank vooruitgaan. Bly jy ’n bietjie staan, want ek het ’n boodskap van God vir jou.” Die werker het toe vooruitgegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9