Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:8-16 Die Boodskap (DB)

8. Hulle doen maar net wat hulle nog altyd gedoen het vandat Ek hulle uit Egipte laat trek het: hulle draai die rug vir My en dien ander gode. Hulle behandel jou nou net so.

9. Doen wat hulle sê, maar waarsku hulle ernstig en sê vir hulle wat die regte is van die koning wat oor hulle gaan heers.”

10. Samuel het vir die volk wat ’n koning wou hê, alles gesê wat die Here vir hom gesê het,

11. en toe bygevoeg: “Die koning wat oor julle gaan heers, sal die reg hê om julle seuns diensplig te laat doen in sy strydwamag en in sy troepe wat op perde ry. Hulle sal as boodskappers voor sy strydwa moet hardloop.

12. Hy sal hulle as offisiere oor 50 en oor 1 000 manskappe gebruik. Hulle sal ook sy lande moet ploeg, vir hom moet oes, wapens moet maak en sy strydwaens moet regmaak.

13. Julle dogters sal hy gebruik om vir hom salf te meng, te kook en te bak.

14. Hy sal julle beste landerye, wingerde en olyfboorde vat en dit vir sy amptenare gee.

15. Hy sal tien persent van julle landerye en wingerde se oes vat en dit vir sy paleiswerkers en ander amptenare gee.

16. Hy sal julle slawe en slavinne, julle beste jong mans en julle donkies vat om vir hom te werk.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8