Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Toe Samuel ’n ou man was, het hy sy seuns aangestel om regters te wees vir die Israeliete.

2. Sy oudste seun was Joël en die tweede Abia. Hulle was regters in Berseba.

3. Maar hulle het nie hulle pa se voorbeeld gevolg nie. Die twee was net daarop uit om geld te maak. Hulle het omkoopgeskenke by die mense gevat en in die hof sommer net gesê waarvan die mense gehou het.

4. Al die familiehoofde van Israel het toe bymekaargekom en na Samuel toe in Rama gegaan.

5. Hulle sê vir hom: “U het oud geword en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel dan nou ’n koning oor ons aan om ons regter te wees soos dit die geval is by al die ander nasies.”

6. Samuel het niks gehou van die idee dat hulle gesê het: “Gee vir ons ’n koning om ons regter te wees,” nie. Hy het toe by die Here raad gaan vra.

7. Die Here sê toe vir Samuel: “Jy moet maar doen wat hulle sê, want eintlik is dit nie vir jou wat hulle verwerp nie, maar hulle wil My nie meer as koning oor hulle hê nie.

8. Hulle doen maar net wat hulle nog altyd gedoen het vandat Ek hulle uit Egipte laat trek het: hulle draai die rug vir My en dien ander gode. Hulle behandel jou nou net so.

9. Doen wat hulle sê, maar waarsku hulle ernstig en sê vir hulle wat die regte is van die koning wat oor hulle gaan heers.”

10. Samuel het vir die volk wat ’n koning wou hê, alles gesê wat die Here vir hom gesê het,

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8