Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 5:6-12 Die Boodskap (DB)

6. Die Here het die mense van Asdod en die hele omgewing laat les opsê en hulle vol swere gemaak.

7. Toe die mense van Asdod sien wat gebeur, sê hulle: “Die ark van die God van Israel mag nie hier by ons bly nie, want die hand van hierdie God is hard teen ons en ons god Dagon.”

8. Hulle roep toe die vyf regeerders van die Filistynse stadstate in Asdod bymekaar en vra: “Wat moet ons doen met die ark van die God van Israel?” Die regeerders sê toe: “Stuur die ark Gat toe.” Hulle vat toe die ark soontoe.

9. Maar toe die ark daar aankom, was daar groot moeilikheid op die dorp. Die Here het hulle hard geslaan en al die dorp se mense, groot en klein, vol swere gemaak.

10. Daarop stuur hulle die ark van God Ekron toe. Toe die ark dáár aankom, skree die mense van Ekron: “Hulle het die ark van die God van Israel na ons toe gebring! Hulle wil ons en ons mense almal dood hê!”

11. Hulle roep toe weer die vyf regeerders van die Filistynse stadstate bymekaar en sê vir hulle: “Stuur tog die ark van die God van Israel na sy plek toe terug, anders is ons en ons mense almal dood.” Die mense van die dorp het verskriklik bang geword, want die Here het die plek laat swaarkry.

12. Die mense wat nog nie dood was nie, was vol swere. Jy kon die gekerm van die dorp se mense kilometers ver hoor.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 5