Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 29:8-11 Die Boodskap (DB)

8. Dawid het vir Akis gesê: “Maar wat het ek verkeerd gedoen? Kan u u vinger op enigiets lê wat ek gedoen het, vandat ek by u gekom het tot vandag toe, wat ’n rede kan wees waarom ek nie teen U Majesteit se vyande mag gaan veg nie?”

9. Akis het hom geantwoord: “Ek weet, ek weet! Vir my was jy soos ’n engel uit die hemel! Maar die Filistynse regeerders het gesê jy mag nie saam met ons oorlog toe gaan nie.

10. Maak nou môre vroeg klaar, jy en al Saul se onderdane wat saam met jou gekom het, en dan vertrek julle sodra dit lig word.”

11. Dawid en sy manne het toe vroeg opgestaan en na die gebied van die Filistyne teruggegaan. Die Filistyne het daarna teen die Israeliete in Jisreël gaan veg.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 29