Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 27:2-9 Die Boodskap (DB)

2. Daarom het Dawid met sy 600 man oorgetrek na Maok se seun Akis wat toe die koning van Gat was.

3. Die manne het hulle huisgesinne ook saamgeneem. Dawid het al twee sy vroue saamgevat: Aginoam uit Jisreël en Abigajil, die weduwee van Nabal uit Karmel. Hulle het almal by Akis in Gat gebly.

4. Die mense het vir Saul vertel dat Dawid na Gat toe gevlug het. Hy het daarna opgehou om hom te probeer vang.

5. Dawid het vir Akis gesê: “Kan ek nie maar ’n plek kry in een van u plattelandse dorpe en daar gaan bly nie? Dis mos nie nodig dat ek hier by u in die hoofstad bly nie.”

6. Akis het daardie selfde dag Siklag vir Dawid gegee. Daarom behoort Siklag vandag nog aan die konings van Juda.

7. Dawid het ’n jaar en vier maande in die Filistyne se gebied gebly.

8. Terwyl hy daar was, het hy en sy manne strooptogte uitgevoer op die Gesurstam, op die mense van Geser en die Amalekiete. Hierdie mense het in die streek van Telam af na Sur toe en tot by Egipte gebly.

9. Wanneer Dawid so ’n gebied aangeval het, het hy al die mense doodgemaak. Maar die skape en beeste en donkies en kamele en die mense se klere het hy saamgevat. Dan het hy altyd na Akis toe teruggegaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 27