Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 27:10-12 Die Boodskap (DB)

10. As Akis hom dan vra: “Waar het julle nóú weer ’n strooptog uitgevoer?” antwoord Dawid: “In die Negev van Juda,” of “in die Negev waar die Jeragmeëlfamilie bly,” of “in die Negev waar die Keniete bly.”

11. Dawid het nooit enige man of vrou lewendig na Gat toe gevat nie, want hy het gedink: “Anders verraai hulle ons en sê: ‘Dis wat Dawid gedoen het.’” Dit was Dawid se manier so lank as wat hy in die gebied van die Filistyne gebly het.

12. Akis het Dawid vertrou. Hy het gedink Dawid het sy naam so sleg gemaak by sy eie mense in Israel dat hy altyd vir hom wat Akis is, sou werk.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 27