Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 25:37-43 Die Boodskap (DB)

37. Die volgende môre, na hy sy roes afgeslaap het, het sy hom vertel wat gebeur het. Hy het ’n aanval gekry en was in ’n koma.

38. Omtrent tien dae later het die Here hom weer ’n aanval laat kry en is hy dood.

39. Toe Dawid hoor Nabal is dood, het hy gesê: “Die Here moet geprys word, want Hy het my saak teen Nabal behartig toe dié my verneder het. Die Here het my, sy dienaar, gekeer dat ek nie ’n lelike ding aanvang nie. Die Here het Nabal sy verdiende loon gegee.”Dawid het mense na Abigajil toe gestuur om te hoor of sy met hom sal trou.

40. Hulle het by haar in Karmel aangekom en vir haar gesê: “Dawid het ons na jou gestuur omdat hy met jou wil trou.”

41. Sy het opgestaan en met haar gesig teen die grond gebuig en gesê: “Ek is bereid om sy slavin te wees en vir hom slawewerk te doen.”

42. Abigajil het gou gereedgemaak en op ’n donkie geklim. Haar vyf diensmeisies was by haar. Sy het saam met Dawid se mense gegaan en met hom getrou.

43. Dawid was ook getroud met Aginoam wat uit Jisreël gekom het. Hy het dus twee vroue gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 25