Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 25:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Samuel is oorlede en die hele Israel het saamgekom om oor hom te huil. Hulle het hom by sy huis in Rama begrawe. Dawid het afgegaan na die Maonwoestyn.

2. Daar was ’n man in Maon wat ook ’n plek by Karmel gehad het. Dié man was skatryk. Hy het 3 000 skape en 1 000 bokke gehad. Hy was juis besig om sy skape in Karmel te skeer.

3. Die man se naam was Nabal. Hy was van die Kalebstam. Sy vrou se naam was Abigajil. Sy was ’n mooi en slim vrou, maar hy was ’n hardkoppige en gemene vent.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 25