Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 22:12-15 Die Boodskap (DB)

12. Saul sê toe: “Luister mooi wat ek vir jou gaan sê, seun van Agitub!”“Ja, U Majesteit,” antwoord hy.

13. Saul sê vir hom: “Hoekom het julle teen my planne gemaak, jy en daardie seun van Isai? Jy het vir hom kos gegee en ’n swaard en toe nog vir God ook gevra wat hy moet doen. Nou wag hy net sy kans af om teen my in opstand te kom. Dís hoe dit nou is!”

14. Agimelek antwoord die koning: “Maar, U Majesteit, wie van al u werkers is so getrou soos Dawid, u eie skoonseun, hoof van u lyfwag, iemand vir wie almal in die paleis respek het?

15. Dit was ook nie die eerste keer dat ek vir God gevra het wat Dawid moet doen nie. Ek het dit al baie gedoen! U Majesteit moet asseblief nie hierdie dienaar van u of sy familie van enigiets beskuldig nie, want ek het heeltemal niks geweet van hierdie hele saak nie.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 22