Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:29-34 Die Boodskap (DB)

29. Hoekom het julle dan nie respek vir die diere- en graanoffers wat Ek gesê het die mense na my woonplek toe moet bring nie? En hoekom is jou seuns vir jou belangriker as wat Ek is? Julle voer julleself vet met die beste deel van die geskenke wat my volk Israel bring om My te eer.

30. “Daarom sê Ek, die Here, die God van Israel: Ek het vir seker gesê dat jou familie geslag na geslag vir altyd in my tempel sal werk. Maar nou is Ek klaar met julle, want Ek eer die wat My eer, maar wie nie vir My respek het nie, sal self geminag word.

31. “Daar kom ’n tyd wanneer Ek die mag wat jy het en die mag van jou familie gaan kortknip, almal in jou familie sal jonk doodgaan.

32. Jy sal baie bekommerd wees oor die tempel. Dit sal met Israel goed gaan, maar van jou familie sal niemand ooit oud word nie.

33. As daar iemand van jou mense oorbly wat Ek nie van my altaar af wegvat nie, sal hy vir jou net hartseer en verdriet bring. Maar die meeste van jou familie sal jonk doodgaan.

34. En hier is die bewys daarvan: jou twee seuns Hofni en Pinehas sal al twee op een dag doodgaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2