Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Hanna het gebid en gesê:Ek is opgewonde oor wat U, Here, gedoen het. U, Here, het my sterk gemaak. Ek lag as ek aan my vyande dink. Ek is so bly dat U my gehelp het!

2. Daar is geen god soos U nie. Ja, daar is geen god buiten U nie. Daar is nie nog ’n rots soos ons God nie.

3. Mense moet ophou met hulle grootpratery, met hulle astrante woorde. Die Here weet alles; Hy kyk wat die mense doen.

4. Die boë van die sterk mense is gebreek, maar die swak mense wat wou val, is nou sterk.

5. Die mense wat baie kos gehad het, moet nou werk vir ’n bietjie kos, en dié wat honger was, is heeltemal versadig. Die vrou wat nie kon kinders kry nie, het nou sewe kinders, en met die een wat baie kinders gehad het, gaan dit sleg.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2