Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 19:15-22 Die Boodskap (DB)

15. Saul het die manne teruggestuur om seker te maak dat Dawid daar is. Hy het vir hulle gesê: “Bring hom met bed en al. Ek wil hom doodmaak.”

16. Toe hulle in sy kamer kom, kry hulle sowaar net die huisgod op die bed met die bokhaarkombersie om die ding se kop!

17. Saul het vir Mikal gesê: “Hoekom het jy my in die steek gelaat en my vyand gehelp om weg te kom?”Waarop Mikal toe antwoord: “Dis sy skuld. Hy het gesê ek moet hom help om weg te kom, anders maak hy my dood.”

18. Dawid het intussen gesorg dat hy wegkom. Hy is na Samuel toe in Rama. Hy het vir Samuel alles vertel wat Saul aan hom gedoen het. Hy het toe saam met Samuel in die huis van die profete gaan bly.

19. Toe Saul hoor dat Dawid in die huis van die profete in Rama is,

20. het hy mense gestuur om hom te vang. Hulle kom toe daar af op ’n groep profete wat in profetiese ekstase is. Samuel het hulle gelei. Die Gees van God het in die manne van Saul begin werk sodat hulle ook in profetiese ekstase geraak het.

21. Toe Saul dit hoor, het hy ander manne gestuur, maar ook húlle het in profetiese ekstase geraak. Saul het ’n derde groep gestuur en dieselfde het met hulle gebeur.

22. Saul gaan toe maar self na Rama toe. Toe hy by die groot put in Seku kom, het hy gevra waar Samuel en Dawid is. Die mense het hom beduie na die huis van die profete in Rama.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 19