Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 19:12-18 Die Boodskap (DB)

12. Sy het Dawid deur ’n venster laat afsak. Hy het gevlug en weggekom.

13. Mikal het die beeld van die huisgod gevat en dit op die bed gesit. Sy het ’n deken oor die beeld gegooi en ’n bokhaarkombersie om die beeld se kop gedraai.

14. Saul het mense gestuur om Dawid te vang, maar Mikal sê toe Dawid is siek.

15. Saul het die manne teruggestuur om seker te maak dat Dawid daar is. Hy het vir hulle gesê: “Bring hom met bed en al. Ek wil hom doodmaak.”

16. Toe hulle in sy kamer kom, kry hulle sowaar net die huisgod op die bed met die bokhaarkombersie om die ding se kop!

17. Saul het vir Mikal gesê: “Hoekom het jy my in die steek gelaat en my vyand gehelp om weg te kom?”Waarop Mikal toe antwoord: “Dis sy skuld. Hy het gesê ek moet hom help om weg te kom, anders maak hy my dood.”

18. Dawid het intussen gesorg dat hy wegkom. Hy is na Samuel toe in Rama. Hy het vir Samuel alles vertel wat Saul aan hom gedoen het. Hy het toe saam met Samuel in die huis van die profete gaan bly.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 19