Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 15:3-15 Die Boodskap (DB)

3. Saul, jy moet nou met die Amalekiete gaan oorlog maak. Roei hulle almal uit. Moenie jammer wees vir hulle nie. Maak hulle en al hulle diere dood: die mans en vroue, die kinders en babatjies, die beeste en die skape, die kamele en die donkies.”

4. Saul het vir die mense laat weet hy wil teen die Amalekiete gaan veg. Hulle het by Telaim bymekaargekom, en toe hy die manne tel, was daar 200 afdelings uit Israel en tien afdelings uit Juda.

5. Toe Saul by die dorp van die Amalekiete kom, het hy hulle met sy manne in die spruit voorgelê.

6. Maar hy het eers vir die Keniete laat weet: “Maak dat julle wegkom van die Amalekiete af, anders maak ek julle dalk saam met hulle dood. Ek wil dit nie doen nie, want julle was goed vir die Israeliete toe hulle uit Egipte getrek het.” Die Keniete het toe van die Amalekiete af padgegee.

7. Saul het die Amalekiete aangeval en hulle van Gawila af gejaag tot by Sur, naby Egipte.

8. Hy het Agag, die koning van die Amalekiete, lewendig laat vang, maar al die ander mense laat doodmaak.

9. Saul en sy mense het nie vir Agag doodgemaak nie. Hulle het ook nie die beste skape, bokke en beeste doodgemaak nie; ook nie die tweede beste diere en die jong ramme nie. Hulle wou nie die mooi diere doodmaak nie, maar die diere wat niks werd was nie, die goed wat niemand wou hê nie, dié het hulle doodgemaak.

10. Die Here sê toe vir Samuel:

11. “Ek is jammer Ek het vir Saul laat koning maak, want hy luister nie na My nie en doen nie wat Ek vir hom sê nie.”Samuel was baie ongelukkig daaroor en hy het dwarsdeur die nag ernstig gebid.

12. Hy het vroeg die môre opgestaan om Saul te gaan sien. Die mense sê toe vir hom: “Saul het Karmel toe gegaan om daar vir homself ’n monument op te sit. Daarvandaan is hy hier verby af Gilgal toe.”

13. Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: “Die Here is goed vir jou. Ek kon alles doen wat Hy gesê het ek moet doen.”

14. “Maar hoekom hoor ek dan skape blêr en beeste bulk?” vra Samuel.

15. “O, dit kom van die Amalekiete af,” sê Saul. “Die manne het die beste skape en beeste saamgebring om vir die Here u God te offer. Al die ander het ons doodgemaak.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 15