Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:35-42 Die Boodskap (DB)

35. So het Saul vir die Here ’n altaar met die klip gebou. Dit was die eerste keer dat hy so iets gedoen het.

36. Saul sê toe: “Ons gaan vannag in die vlakte agter die Filistyne aan. Ons vat hulle goed, jaag hulle tot die son uitkom en maak dan die laaste een dood.” “Maak soos u goeddink,” antwoord die manskappe. Maar die priester sê: “Kom ons hoor net eers wat God daarvan sê.”

37. Saul vra toe vir God wat hy moet doen: “Moet ek agter die Filistyne aangaan in die vlakte? Sal U hulle aan Israel oorgee?” Maar God het hom glad nie geantwoord nie.

38. “Bring al die leiers van die volk hier bymekaar,” sê Saul. “Ek wil weet watter verkeerde ding vandag gedoen is,

39. want sowaar as die Here, die Helper van Israel, leef, die een wat dit gedoen het, moet doodgemaak word, al is dit ook my seun Jonatan.” Maar niemand wou iets vir Saul sê nie.

40. Hy sê toe vir al die Israeliete: “Staan julle daar, ek en my seun Jonatan sal hier staan.” “Dis goed so,” antwoord hulle vir Saul.

41. Toe sê Saul vir die Here: “God van Israel, gee tog vir ons ’n duidelike antwoord.” Jonatan en Saul is toe geloot; die manskappe was vry.

42. “Trek lootjies tussen my en my seun Jonatan,” sê Saul. Jonatan is geloot.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14