Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 10:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Toe vat Samuel ’n kruik met olyfolie en gooi dit op Saul se kop uit. Hy omhels hom en sê: “Die Here salf jou as die leier van sy eie volk.”

2. Verder sê hy: “Wanneer jy nou van my af weggaan, sal jy twee mans teëkom by Selsag, naby die graf van Ragel in die Benjaminstreek. Hulle sal vir jou sê: ‘Die donkies waarna jy soek, is gekry. Jou pa dink nie meer oor hulle nie; hy is bekommerd oor julle twee en wonder wat hy moet doen om sy seun terug te kry.’

3. “As jy van daar af verder gaan en jy kom by die eikeboom van Tabor, sal jy drie mans teëkom. Hulle is op pad na die plek van God by Bet-El. Een dra drie boklammers, die ander een drie ringbrode en die laaste een ’n kruik wyn.

4. Hulle sal jou groet en vir jou twee brode gee wat jy by hulle sal vat.

5. “Daarna sal jy by Gibea-Elohim kom, waar die Filistyne se wagte is. As jy naby die dorp kom, sal jy ’n groep profete kry wat bo van die offerplek af kom met harpe, tamboeryne, fluite en liere. Hulle sal in profetiese ekstase wees.

6. Die Gees van die Here sal in jou werk sodat jy ’n ander mens sal word en saam met hulle in profetiese ekstase sal wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 10