Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:1-11 Die Boodskap (DB)

1. Benjamin se seuns was in volgorde: Bela, sy oudste, en na hom Asbel, Agrag,

2. Noga en Rafa.

3. Bela se seuns was Addar, Gera, Abihud,

4. Abisua, Naäman, Agoag,

5. Gera, Sefufan en Guram.

6. Hier is ’n lys van Egud se seuns. Hulle was die familiehoofde van die mense in Geba, wat na Managat toe weggeneem is.

7. Hulle was Naäman, Agija en Gera (hy het hulle weggeneem), en hy was Ussa en Agigud se pa.

8. Nadat Sagarajim van sy vroue Gusim en Baära geskei is, het hy in Moab ’n paar kinders gehad.

9. By Godes, sy nuwe vrou, het hy vir Jobab, Sibja, Mesa, Malkam,

10. Jeüs, Sakeja en Mirma gehad. Hulle was almal Sagarajim se seuns en hulle het familiehoofde geword.

11. Sagarajim en Gusim het vroeër reeds vir Abitub en Elpaäl gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8