Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:27-38 Die Boodskap (DB)

27. sy seun Nun en sy seun Josua.

28. Efraim se nageslag het ’n gebied bewoon wat Bet-El in die suide, Naära in die ooste, Geser in die weste, Sigem in die noorde, tot by Aja, elkeen met hulle dorpies, ingesluit het.

29. Manasse se nageslag het Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, elkeen met sy dorpies, besit. Dit is plekke waar Josef, die seun van Israel, se nageslag gewoon het.

30. Aser se seuns was Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria. Hulle suster was Serag.

31. Beria se seuns was Geber en Malkiël, wat Birsajit se pa was.

32. Geber was Jaflet, Semer, Gotam en hulle suster, Sua, se pa.

33. Jaflet se seuns was Pasak, Bimhal en Aswat.

34. Semer se seuns was Agi, Roga, Gubba en Aram.

35. Gotam, sy broer, se seuns was Sofag, Jimna, Seles en Amal.

36. Sofag se seuns was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra,

37. Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.

38. Jitran se seuns was Jefunne, Pispa en Ara.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7